Verlig Jou Wêreld vir God – Deel 2

In Verlig Jou Wêreld vir God – Deel 2, bied ons bykomende praktiese, veld-getoetste en beproefde beginsels aan, wat ‘n dramatiese verskil in jou kerk en gemeenskap kan maak.

– Sluit by Leraar Mark Finley

AWR360 on Hopelives365 Online University

 

Verlig Jou Wêreld vir God – Deel 2

 

In Verlig Jou Wêreld vir God – Deel 2, bied ons bykomende praktiese, veld-getoetste en beproefde beginsels aan, wat ‘n dramatiese verskil in jou kerk en gemeenskap kan maak. Die volgende onderwerpe word in hierdie kursus ingesluit:

  • Bybelse en praktiese beginsels vir die ontdekking en ontginning van belangstellendes
  • Die sielkundige “Gaan-Voorwaarts”-beginsel
  • Praktiese stappe om ‘n gesindheid vir sieleredding te ontwikkel
  • ‘n Doeltreffende plan om Bybelstudies aan te bied, met praktiese riglyne
  • Hoe om ‘n Bybelstudie-bediening te begin
  • Dertien (13) beginsels met die gee van Bybelstudies
  • Basiese planne met die gee van Bybelstudies (byvoorbeeld in huise of klein-groepe, ens.)
  • Hoe om ‘n Bybelkontak-register op te stel en te onderhou
  • En vele meer …

Sluit by Leraar Mark Finley aan vir meer as drie (3) ure se Onderrigmateriaal, kragtige en inspirerende aanbiedings vir hierdie Kursus!

Vandag, meer as ooit tevore, soek Jesus individue wie saam met Hom ‘n vennootskap in siele-redding sal aangaan. Jesus het Sy dissipels vertel:

“Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here van die oes, dat Hy arbeiders in sy oes mag uitstuur.”
(Matthéüs 9:37,38)*

NOTA:
VOORVEREISTE — Verlig Jou Wêreld vir God – Deel 1 moet voltooid wees, voordat hierdie kursus aangepak mag word.

Die Bybelse beginsels wat jy in hierdie kursus sal leer brei uit op die voriges wat jy in Verlig Jou Wêreld vir God – Deel 1 geleer het. Ons moedig jou aan om die reeks te voltooi deur ook vir die Verlig Jou Wêreld vir God – Deel 3 in te skryf. God belowe aan jou ‘n oorvloedige oes. Stel al hierdie beginsels in werking, en kyk wat God sal doen.

Enroll$30.00

Support our ministry

Submit your review
1
2
3
4
5
Submit
     
Cancel

Create your own review

HopeLives365 Online University
Average rating:  
 0 reviews