Verlig Jou Wêreld vir God – Deel 1

Dit mag die belangrikste inligting oor getuig wees, wat jy ooit gelees of studeer het.

– Sluit by Leraar Mark en Ernestine Finley aan

AWR360 on Hopelives365 Online University

 

Verlig Jou Wêreld vir God – Deel 1

Verlig Jou Wêreld vir God – Deel 1, is die eerste kursus in die ‘Verlig Jou Wêreld vir God’ se drie-kursus-reeks. In hierdie kursus-reeks (Verlig Jou Wêreld vir God – Deel 1; Verlig Jou Wêreld vir God – Deel 2 en Verlig Jou Wêreld vir God – Deel 3), kombineer ons inspirerende video- en ouditiewe aanbiedinge van Leraar Mark Finley. Ook is daar drukbare Vraag-en-Antwoord-materiaal om aan jou praktiese, getoetste en beproefde beginsels te bied, wat ‘n dramatiese verskil in jou kerk en gemeenskap sal maak. Hierdie beproefde beginsels noem ons “Bybelse Sleutels” tot suksesvolle sieleredding, wat sal help om nuwe lewe in jou kerk te blaas.

Verlig Jou Wêreld vir God – Deel 1 bestaan uit nege (9) lesse (ook ‘n inleiding en opsomming), wat in twee modules verdeel word. Dit leer en verbind jou tot die aanleer van kragtige Bybelse beginsels oor Evangelisasie, Sieleredding, die Krag van God se Woord en ook die Krag van die Heilige Gees. Jy sal die “Vyf Sleutels tot Suksesvolle Evangelisasie” leer. Dit is Bybelgerigte, Christus-gesentreerde beginsels, wat bewys lewer van hulle dinamiese krag, om oplewing in kerke te bring. Die sleutels is: (1)Herlewing, (2)Toerusting, (3)Uitreiking, (4)Insameling en die (5)Versorging, wat elkeen in sy eie lesstudie aangebied word.

Dit mag die belangrikste inligting oor getuig wees, wat jy ooit gelees of studeer het. Aan die einde van die drie kursusse in die Verlig Jou Wêreld vir God-reeks, sal jy ontdek hoe om:

  • jou kerk tot ‘n geesgevulde herlewing te lei.
  • kragtige voorspraak-gebedsgroepe te organiseer en op die been te hou.
  • elke lidmaat toe te rus en hom/haar op te lei in die gebruik van hulle geestelike gawes vir diens.
  • ‘n volgehoue, doeltreffende Bybelstudie in ‘n uitreik-bediening te ontwikkel.
  • weeklikse getuienis-aktiwiteite te bevorder.
  • die grootste opbrengs van publieke evangelisasie-dienste in te samel.
  • nuwe gelowiges te versorg en koester, om vaste lede van die Liggaam van Christus te word.

Sluit by Leraar Mark en Ernestine Finley aan, vir meer as vyf (5) ure se kragtige geestelike insigte in hierdie kursus!

Ons moedig jou aan om ook vir die ander twee kursusse in die reeks, in te skryf: Verlig Jou Wêreld vir God – Deel 2 en Verlig Jou Wêreld vir God – Deel 3. Wanneer jy al drie die kursusse saam doen, leer dit jou die Bybelse beginsels, wat vir ons regoor die wêreld werk. Dit sal ook vir jou werk, om jou kerk in die fynbeplande, Bybelgebaseerde evangelisasie-proses te lei. God belowe jou ‘n oorvloedige oes. Stel dit in werking en kyk wat God gaan doen!

Enroll$30.00

Support our ministry

Submit your review
1
2
3
4
5
Submit
     
Cancel

Create your own review

HopeLives365 Online University
Average rating:  
 0 reviews