Verlig Jou Wêreld vir God – Deel 1

Inleiding

AWR360 on HopeLives365 Online University

 

Inleiding

Tien duisende Sewendedag-Adventiste lekewerkers regoor die wêreld herontdek die vreugde daarin om hulle geloof te deel. Hulle vorm ‘n nuwe begrip van hulle rol as Christene. Die Bybelse waarheid van God se oproep om getuienisse te wees het hulle visie verbreed en hulle lewens verander. Hulle deel hulle geloof met hernuwe ywer. ‘n Gevoel van opgewondenheid oor wat God deur hulle doen, het hulle eie geestelike ondervinding na nuwe hoogtes gelei.

Oral in die wêreld waar die kerke groei, sal jy lekewerkers vind wat aktief betrokke is. Evangeli-sasie-sukses is grootliks afhanklik van aktiewe leke. Lekewerkers, verspreiding van literatuur, Christus met jou vriende te deel, besoeke aan bure en die gee van Bybelstudies, maak ‘n dinamiese verskil in die bevordering van God se koninkryk.

Hierdie toegewyde lekewerkers neem deel aan die grootste evangelisasie-dryfkrag in die geskie-denis. Hulle sien menigtes wat God se waarheid vir hierdie uur, aanvaar. Meer as 2,800 mense – of ‘n miljoen per jaar – word Sewendedag-Adventiste. Die meeste van hierdie nuwe bekeerlinge kan bespeur dat hulle bekering begin het, by die liefdevolle getuie van ‘n kerklidmaat. Adventiste lekewerkers besef dat ons op die randjie van God se koninkryk lewe. Hulle word al meer en meer oortuig dat die koms van ons Heer naby is. Kerklidmate wy hulle tyd, gebruik hulle gawes en getuig daadwerklik vir hulle Heer.

Twee duisend jaar gelede het Jesus ‘n wekroep aan die Nuwe-Testamentiese kerk gegee. Sy woorde is té eenvoudig vir misverstand:

“Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld.” Matthéüs 28:19-20

Ellen White, God se eindtyd-boodskapper, beskryf duidelik hoe die werk van die groot evangelie-opdrag uitgevoer kan word.

“Dit kan die beste gedoen word deur persoonlike pogings, om die waarheid in hulle huise te kry, saam met hulle te bid en die Geskrifte aan hulle te verduidelik.” REVIEW AND HERALD, 8 DESEMBER 1885

“Dit is die voorreg van elk Christen om nie net uit te kyk vir ons Heer Jesus Christus se wederkoms nie, maar dit ook te verhaas.” CHRIST’S OBJECT LESSONS, Bladsy 69

“Lank het God gewag vir die gees van bediening om besit van die hele kerk te neem, sodat elkeen vir Hom kan werk, volgens sy vermoë.” HANDELINGE VAN DIE APOSTELS, Bladsy 111

Leke se betrokkenheid is die sleutel om die groot evangelie-opdrag te volbring. Lees hierdie geïnspireerde stelling:

“Die werk van God sal nooit op hierdie aarde voltooi word nie, totdat mans en vroue ons kerklikdmaatskap bylê, saamstaan in die werk en hulle pogings met dié van die predikante en kerkbeamptes verenig.”GOSPEL WORKERS, Bladsy 352

God versamel lekewerkers rondom die wêreld vir die laaste beweging naby die klimaks van die aarde se geskiedenis. Hy sal Sy Gees uitstort op diegene wat hulle gawes gebruik om die Goeie Boodskap te verkondig. Evangelisasie is die dinamiese hartklop van die Nuwe-Testamentiese kerk.

Die boek van Handelinge is lewend met lekewerkers wat vir hulle Heer getuig. Jesus het ‘n visserman Petrus geroep, ook Matthéüs ‘n tollenaar en Lukas ‘n geneesheer, om Sy getuies te wees. Lekewerkers, beide mans en vroue is geroep om van hulle geloof te getuig. Op Pinkster is daar 3,000 mense daardie dag gedoop. ‘n Paar maande later het die kerk tot 5,000 mans gegroei, nie eens die vroue en kinders bygereken nie. Die Christenkerk het tussen 15,000 en 20,000 getel, kort na Pinkster.

Wat het hierdie ongeëwenaarde evangelisasie-veldbrand/ontploffing veroorsaak? Die hele kerk was gefokus op die kerndoelstelling om die verlore siele vir Christus te wen. Elke lid het ’n passie vir sieleredding gehad. Hulle energie was gerig op die wen van verlore siele. Die boek van Handelinge word vandag herhaal. Weereens word lekewerkers gemotiveer om hulle geloof te deel. Weereens is daar ‘n nuwe openhartigheid in die gemeenskap en duisende word gedoop. Christene weet nou watter werk hulle moet doen.

“Ons werk is deur ons Hemelse Vader vir ons uitgewys. Ons moet ons Bybel neem en voortgaan om die wêreld te waarsku. Ons moet God se helpers wees in die redding van siele – kanale waardeur Hy sy liefde dag-vir-dag laat oorvloei na die wat verlore gaan.” TESTIMONIES, VOLUME 9, Bladsy 150

Verlig Jou Wêreld vir God se drie-kursus-reeks sal jou deur die eenvoudige en praktiese stappe neem om aktief betrokke te raak in vele verskillende bedienings, maar veral om God se woord deur Bybelstudie-bediening te deel. Alhoewel daar baie maniere is om ons geloof te deel, het God ons veral geroep om Sy Woord te open en Sy waarheid met ander te deel. Soos jy hierdie beginsels van die kursusse in jou lewe toepas, sal jy geweldig geseën word. Jou kerk sal groei en God se Koninkryk sal bevorder word.

As ‘n GRATIS geskenk by hierdie les, kliek op die speelpyltjie in die DOWNLOADS/BRONNE-afdeling om na Leraar Mark Finley se preek te luister, getiteld: Jesus’ Method in the 21st Century,of kliek op die Oudio-beeld en laai die preek af. Jy kan ook ‘n GRATIS kopie van die King James Version (KJV) of die Afrikaanse Bybel aflaai, om saam met Leraar Finley die verwysings uit die Bybel te volg. www.//bible.com/bible/Afr.83 of www.//bible.com/bible/Afr.53

Ek en Teenie nooi jou uit om vandag as ‘n student van Hopelives365 Online University (Aanlyn-Universiteit), in te skryf en “neem toe in die genade en kennis van onse Heer en Saligmaker, Jesus Christus.” (2 Petrus 3:18).


BRONNE-afdeling

Jesus’ Method in the 21st Century
mp3 file
Die Bybel
Die Bybel