Soeke na Sekerheid – 3

Die Soeke na Sekerheid – 3 Bybelstudie-kursus is die laaste kursus in die “Soeke na Sekerheid” se drie-kursus-reeks, waarin die leringe van die Bybel in ‘n maklik-om-te-volg vraag-en-antwoord-formaat aangebied word. Wanneer al drie die kursusse geneem word, Soeke na Sekerheid – 1 asook Soeke na Sekerheid – 2, sal die Bybelstudent 30 lesse of Bybelstudies voltooi hê.

HopeLives365 Aanlyn-Universiteit is die enigste plek op die Internet waar jy Leraar Mark Finley se rekenaar-gradeerde lesse en ‘n GRATIS aflaaibare Bybelvertaling kan vind, om jou Skrifverwysings na elke vraag te kan naslaan.

“Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.”
(2 Timotheüs 3:16-17)

Meer as 5 ure se kragtie video-aanbiedings van Leraar Mark Finley, asook van sy preeknotas word by hierdie kursus ingesluit.

Soeke na Sekerheid – 3 dek tien (10) lesse in twee dele:

Kursus leerplan Deel 1:

  • God se Kerk Geïdentifiseerd
  • Profete en Profesie/Visioene en Drome
  • Die Verborgenheid van Geestelike Babilon Geopenbaar
  • Heilige Gees en Onvergeeflike Sonde
  • Van Teleurstelling tot Oorwinningsvreugde

Kursus leerplan Deel 2:

  • Die Merk van die Dier en die Geheimsinnige Nommer 666
  • Die Verenigde State in Profesie
  • Armagéddon en die Sewe Laaste Plae
  • Openbaring Voorspel 1,000-jaar van Wêreld Duisternis
  • Openbaring se Glorieryke Oorwinning

Na die voltooiing van die laaste kursus in die reeks, sal jy beloon word met ‘n pragtige verpersoonlikte digitale Sertifikaat van Voltooiing om jou prestasie met vriende en familie te deel.

NOTA:

  1. VOORVEREISTE – Soeke na Sekerheid 1, asook Soeke na Sekerheid 2, moet eers voltooid wees, voordat hierdie kursus geneem mag word.
  2. ‘n Student moet eers ‘n aanlyn-assessering vir elke les voltooi, voordat die kursus afgehandel is. ‘n Slaagsyfer van 70% of meer, is ‘n vereiste vir die voltooiing van elke les. Indien jou uitslag minder as 70% is, moet jy daardie les weer oor doen en weer aanstuur vir nasien. Daar is geen koste daaraan verbonde om die les oor te doen nie, boonop kry jy twee kanse om te probeer – in totaal drie (3) pogings. Daar is nie ‘n poos/hervat-opsie in die toets nie. Wanneer jy die toets begin, moet jy dit voltooi. ‘n Onvoltooide toets sal as ‘n poging getel word. Mislukking om ‘n slaagsyfer op die derde poging te ontvang, sal die gevolg wees dat jy nie krediet ten opsigte van ‘n sertifikaat sal ontvang nie.

Duik in, in die Bybel en tree geestelik verfris te voorskyn!

U kan inskryf in hierdie kursus, maar ons beveel u eerste aan om te voltooi: Soeke na Sekerheid 2 voordat u hierdie kursus begin

Please share this

EnrollFREE

Gift This Course

Categories:

Kursusleerplan Deel 1

Kursusleerplan Deel 2

Submit your review
1
2
3
4
5
Submit
     
Cancel

Create your own review

HopeLives365 Online University
Average rating:  
 0 reviews