Soeke na Sekerheid – 2

Die Soeke na Sekerheid 2 – is die tweede Bybelstudiekursus in die “Soeke na Sekerheid” se drie studiereekse, wat die onderrig van die Bybel in ‘n eenvoudige vraag-en-antwoord-formaat, ondersoek. Elke les sluit ook ‘n gratis, aflaaibare vertaling van die Bybel in om jou te help om die Geskrifte wat die antwoorde vir elke vraag bevat, te vind.

Meer as 7,5 ure se gewyde video-aanbiedings van Leraar Mark Finley, asook sommige van sy preeknotas, word by hierdie kursus ingesluit.

HopeLives365, die aanlyn-universiteit, is die enigste plek op die Internet waar jy Leraar Mark Finley se rekenaar-gradeerde Bybelstudie-lesse kan vind.

“Ek wil u bevele oordink en op u paaie let. Ek sal my verlustig in u insettinge, u woord sal ek nie vergeet nie.” (Psalm 119:15-16 (1953-vertaling))

Soeke na Sekerheid – 2 dek tien (10) lesse in twee dele:

Kursus leerplan Deel 1:

  • Wat staan Agter die Stygende Misdaad, Geweld en Sedeloosheid?
  • Christus se Spesiale Teken
  • Gepeuter aan die Hemelse Konstitusie
  • Moderne Kultusse Identifiseer Vyf Eienskappe
  • Ons Grootste Behoefte – ‘n Nuwe Leefstyl

Kursus leerplan Deel 2:

  • Die Werklike Waarheid oor die Dood
  • God se Liefde in die Helse Vuur
  • Hoe om die Verlede Suksesvol te Begrawe
  • ‘n Finansiële Geheim
  • Groei as ‘n Christen

Na die voltooiing van die laaste kursus in die reeks, sal jy beloon word met ‘n pragtige verpersoonlikte digitale Sertifikaat van Voltooiing om jou prestasie met vriende en familie te deel.

NOTA:

  1. VOORVEREISTESoeke na Sekerheid 1, moet eers voltooid wees, voordat hierdie kursus geneem mag word.
  2. Lesse wat video inhoud bevat, vereis dat jy die hele video kyk voordat jy die les voltooi of die vasvra vasstel.
  3. ‘n Student moet eers ‘n aanlyn-assessering vir elke les voltooi, voordat die kursus afgehandel is. ‘n Slaagsyfer van 70% of meer, is ‘n vereiste vir die voltooiing van elke les. Indien jou uitslag minder as 70% is, moet jy daardie les herhaal en weer die assesserings toets neem. Daar is geen koste daaraan verbonde om die les oor te doen nie, boonop kry jy nog twee kanse om te herhaal – in totaal drie (3) pogings. Daar is nie ‘n pouse/hervat-opsie in die toets nie. Wanneer jy die toets begin, moet jy dit voltooi. ‘n Onvoltooide toets sal as ‘n poging getel word. Mislukking om ‘n slaagsyfer op die derde poging te ontvang, sal die gevolg wees dat jy nie krediet ten opsigte van ‘n sertifikaat sal ontvang nie.

Duik in, in die Bybel en tree geestelik verfris te voorskyn!

U kan inskryf in hierdie kursus, maar ons beveel u eerste aan om te voltooi: Soeke na Sekerheid 1 voordat u hierdie kursus begin

Please share this

EnrollFREE

Gift This Course

Categories:

Kursus leerplan Deel 1

Kursus leerplan Deel 2

Submit your review
1
2
3
4
5
Submit
     
Cancel

Create your own review

HopeLives365 Online University
Average rating:  
 0 reviews