Soeke na Sekerheid – 1

FREE

Soeke na Sekerheid – 1

Watter vreugde en opwinding wag op jou, as jy in God se Woord delf en ander help om sy lewensveranderde waarhede te ontdek. Nou kan jy (byvoorbeeld in klein groepies), Bybelstudie-lesse neem en/of fasiliteer vanaf jou rekenaar, jou iPad, slimfoon, of enige mobiele toestel – jy het net Internet toegang nodig. ‘n Elektroniese aflaaibare kopie van die Bybel (KJV) is ook beskikbaar in Afrikaans, wat jy kan gebruik om Skrifverwysings van elke les te hersien. Dit bied ontelbare moontlikhede om Bybelstudies en evangelisasie-uitreikings uit te voer.

This will also add the following products to your cart:

  • Soeke na Sekerheid – 2
  • Soeke na Sekerheid – 3

Description

Soeke na Sekerheid – 1

Watter vreugde en opwinding wag op jou, as jy in God se Woord delf en ander help om sy lewensveranderde waarhede te ontdek. Nou kan jy (byvoorbeeld in klein groepies), Bybelstudie-lesse neem en/of fasiliteer vanaf jou rekenaar, jou iPad, slimfoon, of enige mobiele toestel – jy het net Internet toegang nodig. ‘n Elektroniese aflaaibare kopie van die Bybel (KJV) is ook beskikbaar in Afrikaans, wat jy kan gebruik om Skrifverwysings van elke les te hersien. Dit bied ontelbare moontlikhede om Bybelstudies en evangelisasie-uitreikings uit te voer.

Sommige van die lesse sluit video-aanbiedings, asook lesingnotas van Leraar Mark Finley, wat oor die onderwerp van die les handel, in. Watter uitmuntende bron en seëninge vir jou as ‘n Bybelstudent, Selfoon Evangelis of as ‘n Christen, soekend na dieper begrip van God se Woord!

Die Soeke na Sekerheid 1 Bybelstudie-kursus is die eerste in die Soeke na Sekerheid” drie kursusreeks, wat die onderrig van die Bybel in ‘n maklik-om-te-volg vraag-en-antwoord-formaat aanbied. Daar word 30 lesse/Bybelstudies in hierdie reeks gedek, wat met feitlik enige vertaling gebruik kan word.

Meer as drie (3) ure se insiggewende en inspirerende video’s – aangebied deur Leraar Mark Finley, asook sommige van sy preeknotas, word by hierdie kursus ingesluit.

HopeLives365, die aanlyn-universiteit, is die enigste plek op die Internet waar jy Leraar Mark Finley se rekenaar-gradeerde Bybelstudie-lesse kan vind, wat jou sal leer: hoe om die Bybel te verstaan; hoe om sin te maak uit ons wêreld; hoe die tye waarin ons lewe met Bybelprofesie ooreenstem; wat gaan met die Tweede Koms van Christus gebeur; hoe om innerlike vrede te ondervind; die rol van die Verenigde State in profesie; wat sal gebeur met die poging om die Europese lande te verenig; hoe om ‘n kultus te identifiseer; wat gebeur wanneer ‘n persoon sterf; hoe om as ‘n Christen te lewe; hoe sal die hemel wees; en baie meer.

“My seun, vergeet my onderwysing nie, en laat jou hart my gebooie bewaar; want dit sal lengte van dae en jare van lewe en vrede vir jou vermeerder.” (Spreuke 3:1,2)

Soeke na Sekerheid – 1 dek tien (10) lesse in twee dele: Kursus leerplan Deel 1:

  • Hoe om die Bybel te Verstaan
  • Ons Tyd in die Lig van Bybelprofesie
  • ‘n Wêreld in Turmoil
  • Die Wyse van Christus se Wederkoms
  • Hoe om Innerlike Vrede te vind

Kursus leerplan Deel 2:

  • Die Geheim van ‘n Nuwe Lewe
  • Goeie God! Bose Wêreld! Waarom?
  • Openbaring se Mees Aangrypende Boodskap
  • Die Bybel se Langste en Mees Verbasende Profesie
  • ‘n Afspraak met Bestemming: Die Oordeel

Na die voltooiing van die laaste kursus in die reeks, sal jy beloon word met ‘n pragtige verpersoonlikte digitale Sertifikaat van Voltooiing om jou prestasie met vriende en familie te deel.