Soeke na Sekerheid

‘n Afspraak met Bestemming: Die Oordeel

Keuses vir Vandag

Ons het die wonderbaarlike waarheid ontdek. Ons leef in die oordeels-uur. Die Bybel verwys na die oordeel meer as 1,000 keer. In 1844 het God se profetiese oorlosie die uur aangekondig. Openbaring se engelboodskap het aangekondig: “Die uur van [God se] oordeel het gekom.” Openbaring 14:7* In die oordeel word Christus as ten volle regverdig en liefdevol in Sy hantering van ons sonde-probleme geopenbaar. Elke voorval word vir lewe of dood besluit.

Die hele heelal herken dat God alles moontlik gedoen het vir elke afsonderlike persoon. In die oordeel vra God se liefdevolle hart: “Is daar enigiets meer wat Ek kon doen?” Daar is niks meer nie. Liefde het alles wat dit kon, gedoen. Die totale heelal sing met een stem: “Die Lam wat geslag is, is waardig om te ontvang die krag en rykdom en wysheid en sterkte en eer en heerlikheid en lof.” Openbaring 5:12 *

God se weergalose liefde word in die oordeel geopenbaar. Die hemele verpoos om elke individuele keuse wat gemaak is, in die lig van God se ongelooflike begeerte om hulle te red, oorweeg. Hierdie les ontvou die belangrikheid van ons keuses in die een-en-twintigste eeu.

Om die les te voltooi:

Neem die rekenaar-gradeerde aanlyn-toets. Die vraag-en-antwoord-formaat van die toets, is so ontwerp om jou te help om die Bybel beter te verstaan. Jy kan selfs die gratis kopie van die Bybel (1953/1983-Vertaling), in Afrikaans van Google aflaai, om die Skriftuurverwysings in die toetsvrae te hersien. Die Skriftuurgedeeltes bevat die antwoorde.

Die Bybel vraag-en-antwoord-formaat van hierdie toets help jou om die waarhede wat in die les aangebied is, te leer. ‘n Punt van 70% of meer is ‘n vereiste om die les te kan slaag. Indien jy minder as 70% behaal in die toets, moet jy die toets oordoen en aanstuur vir nasien. Daar is geen bykomende koste daaraan verbonde om die les oor te doen nie, boonop kry jy twee kanse om te probeer – in totaal drie (3) pogings. Mislukking om ‘n slaagsyfer op die derde poging te ontvang, sal die gevolg wees dat jy nie krediet ten opsigte van ‘n sertifikaat vir die kursus sal ontvang nie.


BRONNE-afdeling

Free-King James Bible
Bybel (KJV)