Soeke na Sekerheid

Ons Grootste Behoefte – ‘n Nuwe Leefstyl

Gesondheid in Vandag se Wêreld

Die profesieë van Daniël en Openbaring ontmasker ‘n titaniese stryd tussen goed en kwaad, net voordat Jesus kom. Hierdie laaste reusagtige oorlog in die groot stryd, sentreer in die wet van God. (Openbaring 12:17) Satan haat die ewige beginsels wat die basis van die hemelse regering is. Hy begeer dat almal God se wet sal oortree en die einste fondasie van geluk te veronagsaam. Die vyand se spesiale aanval is op die vierde gebod, wat Jesus as die Skepper verhef, gemik – soos ons in ons vorige les ontdek het dat die sewendedag-Sabbat die gedenk-teken van Christus se skeppingsmag is. Dit is ‘n ewige simbool van beide die “rus in Christus” vir redding en ons absolute lojaliteit in Hom. Die Sabbat is ons ewige skakel met ons Skepper. Baie opregte Christene vra: “Hoe is die Sabbat van Saterdag na die eerste dag verander? Waarom is dit verander? Is daar bewyse in die Bybel wat voorspel dat daar gepoog gaan word om God se wet te verander? Hierdie les beantwoord dié vraag deur die simboliese visioen wat aan die profeet Daniël gegee is, te hersien.Soeke na Sekerheid 2 Les 3

Hierdie les bevat ‘n interessante en inspirerende video-aanbieding deur Leraar Mark Finley, getiteld: “When Paganism and Christianity Shake Hands.” Onbekend aan vele en aan sommige van die Christene in die besonder, was daar in die geskiedenis Bybelse beginsels wat deur kompromie met die beginsels van die paganisme aangegaan is. Deur na hierdie video te kyk sal jy verstaan wanneer en hoe hierdie skikking tussen paganisme en die Christene plaasgevind het. Jy sal ook ontdek hoe dit die Christenkerk vandag nog beïnvloed.

 

video

‘n Gratis kopie van Leraar Mark Finley se preeknotas, getitled: “Die Geskiedenis se grootste Godsdienstige Dekmantel,” is beskikbaar in die BRONNE-afdeling vir hierdie les, as bykomende studiemateriaal.

Om die les te voltooi:

Neem die rekenaar-gradeerde aanlyn-toets. Die vraag-en-antwoord-formaat van die toets, is so ontwerp om jou te help om die Bybel beter te verstaan. Jy kan selfs die gratis kopie van die Bybel (1953/1983-Vertaling), in Afrikaans van Google aflaai, om die Skriftuurverwysings in die toetsvrae te hersien. Die Skriftuurgedeeltes bevat die antwoorde. Gaan na: www.//bible.com/bible/Afr.83 of kies Afr.53 aan die einde.

Dit is noodsaaklik om ‘n punt van 70% of meer te behaal om die les te kan slaag. Indien jy minder as 70% behaal in die toets, moet jy die toets oordoen en aanstuur vir nasien. Daar is geen bykomende koste daaraan verbonde om die les oor te doen nie, boonop kry jy twee kanse om te probeer – in totaal drie (3) pogings. Mislukking om ‘n slaagsyfer op die derde poging te ontvang, sal die gevolg wees dat jy nie krediet ten opsigte van ‘n sertifikaat vir die kursus sal ontvang nie.


BRONNE-afdeling

Read Lesson Handout
Free-King James Bible
Geskiedenis se grootste Godsdienstige Dekmantel
Bybel (KJV)